Suid-Afrika se nasionale simbole

Published on Slideshow
Static slideshow
Download PDF version
Download PDF version
Embed video
Share video
Ask about this video

Scene 1 (0s)

Suid-Afrika se nasionale simbole. Pin by Matruh Pinkham on SUID-AFRIKA."O land van ons vaders, so ruim en so vry... | I-land, Event.

Scene 2 (11s)

Ons vlag. Die nasionale vlag van die Republiek van Suid-Afrika is op Vryheidsdag, 27 April 1994, ingewy. Die unieke sentrale ontwerp van die vlag wat met ‘n “V” by die vlagpaal begin en wat in die middel van die vlag bymekaar kom, en as ‘n enkele horisontale band tot aan die buitekante van die vlagsoom loop, kan vertolk word as teken van die eenheid van diverse elemente binne die Suid-Afrikaanse samelewing wat verenig die pad vorentoe saamloop. Ons vlag is die enigste een in die wêreld met ses kleure. Dit is deur Frederick Bronwell ontwerp..

Scene 3 (51s)

Die landswapen. Die Landswapen is op Vryheidsdag, 27 April 2000, bekend gestel. Dit is die belangrikste visuele simbool of embleem van die land. Dit word op munte, sertifikate of belangrike dokumente gesien. Die slagspreuk is in Khoisan en beteken “mense wat verskil kom bymekaar”. Mnr. Iaan Bekker het die landswapen ontwerp..

Scene 4 (1m 16s)

Kyk na die verskillende dele van die wapen :. Ampswapen van Suid-Afrika • Teacha!.

Scene 5 (1m 36s)

Simbole van ons nasionale erfenis : Die protea Die Nasionale Blom is die Koningsprotea wat voorkom in die suid-westelike en suidelike gebiede van die Wes- Kaap , vanaf die Sederberge tot net oos van Grahamstad . ‘n Groot verskeidenheid kleure en blaargroottes word gevind , maar die mooiste een is die pienk blom ..

Scene 6 (1m 58s)

Simbole van ons nasionale erfenis : Die Geelhout boom Die Nasionale Boom is die ware g eelhout . Dit kom voor vanaf Tafelberg , langs die suidelike en oostelike Kaapse kus , in die bergklowe van die Drakensberge tot by die Blouberg en die Soutpansberg in Limpopo. Die bas van die ware geelhout is kakiekleurig tot grys as dit oud is, diep gesplete en dit skil in stroke af . Die kroon is relatief klein in verhouding tot sy hoogte en is dikwels met grys mos bedek ..

Scene 7 (2m 32s)

Simbole van ons nasionale erfenis : Die galjoen Die Nasionale Vis is die galjoen wat langs die Suid-Afrikaanse kus aangetref word. Dit kom gewoonlik voor in vlak water en kom gereeld voor in onstuimige branders en soms reg langs die strand. Elke hengelaar ken die galjoen. Die galjoen se dieet bestaan hoofsaaklik uit rooiaas, klein mossels en eendmossels.

Scene 8 (2m 54s)

Simbole van ons nasionale erfenis : Die springbok Die Nasionale Dier is die springbok. Hierdie spesie het aangepas by droë, dorre gebiede en oop grasvelde en word dus veral in die Vrystaat, Noordwes en vanaf die Karoo tot langs die Weskus gevind. Hulle beweeg gedurende die wintermaande in klein troppies, maar in die somer kom hulle gereeld bymekaar in groter troppe. Hulle teel regdeur die jaar aan en hul lammertjies word na ‘n 6 maande draagtyd gebore..

Scene 9 (3m 25s)

Simbole van ons nasionale erfenis : Die bloukraanvoël Die Nasionale Voël is die bloukraanvoël. Hierdie spesie kom algemeen voor in die Karoo, maar word ook op die grasvelde van Kwazulu-Natal en die Hoëveld gesien, gewoonlik in pare of klein familiegroepe. Hierdie elegante voël is ligblou-grys van kleur met ‘n lang nek, ‘n redelik bolvormige kop, lang bene en elegante vlerkpluime wat tot op die grond sleep. Die voël eet sade, insekte en reptiele..

Scene 10 (3m 56s)

Volgende keer :. Volgende week gaan ons die agt Suid-Afrikaanse wêrelderfenisterreine behandel . Voor die les, kyk of jy die agt kan noem voordat jy na volgende week se les kyk . Onthou julle skryf amper toets , maak seker julle is voorberei ! Sien julle weer volgende keer !.