Elmo Esterhuyse 1944-2022.
Rus In Vrede.
‘n Brief uit die Hemel: As m ôre sonder my begin,.
Aan my dierbare man van jou vrou Leonie – Dit was skielik en onverwags dit is baie moeilik maar ek berus my by GOD se besluit . Dit was die wonderlikste 33 jaar van my lewe met baie liefde , geduld wat ek ontvang het van jou . Ek kon nie vir ‘n beter man gevra het nie . Jy was ‘n wonderlike man asook pa en oupa , niemand kon kla nie . Rus in Vrede my Liewe Man en Wag vir My..
Rean en Minette ( dogter en skoon seun ) – Liefste pa, wie sal ooit kon dink dat ons pa so gou sal moes groet . Sedert Februarie se lekker kuier en besoek aan Augrabies het ek en pa soveel nade aan mekaar gekom . Elke aand 7:30 se oproep aan pa het gou vir my ‘n hoogte punt van die dag geword net om te kan hoor hoe pa se dag was en hoe pa voel . Pa was altyd so opgewonde as ek iets van die plaas en diere gedeel het. Sal al ons spesiale tye diep in ons hart koester . Baie lief vir pa..
Deléne ( skoon sussie /Leonie se tweeling sussie ) – Swaertjie daar is geen woordin die woordeboek wat ek jou kan beskryf nie . Ek was so geeerd om so ‘n swear te kon hê . Dinge wat hy beplan het,soos byvoorbeeld vakansies met Kriekie dit is nou die Bush Lapa , ‘n eteof enige iets wat lekker was, het jy my altyd betrek saam met Leonie. Sy woorde was altyd“sussie jy gaan saam ”. Swaertjie jou Saartjie ( dit was sy kussing ) sal ons altyd onthou , Saartjie moes altyd saam tot hospitaal toe. Ek en sussie belowe jou ons sal altyd ons hare kam voor ons uit die kar klim en sorg dat die kos wat ons bestel warm moet wees , want ons weet dit was baie belangrik vir jou . Dankie dat jy so mooi na my sussie gekyk het, dit is nou my beurt tot dat ons almal weer mekaar sien ..
Stienie en Andre ( skoon sussie en swaer ) – Al kon ons nie by jou , ons swaer wees nie , was jy altyd in die geslote sirkel van ons gedagtes en in die hart van ons gebede . Rus in Vrede ..
‘n Prentjie is ‘n duisend woorde werd..
Uiteindelik ‘n vissie gevang.
1944. 2022.
Elmo Snr het ‘n vol lewe geleef. Hy was baie lief vir visvang, jag, kamp, en ‘n hele lys vol ander aktiwiteite....
Hy was ook bitterlik lief vir sy kinders: Minette, Hannelie en Elmo jnr..
BOODSKAP van kliënte Madeleine & Allan Campbell, Phalaborwa Ons innige mee gevoel met Elmo se skielike heengaan . Ook vir ons was dit ‘n grootskok ! Mag die God van liefde julle troos , bemoedig en onderskraag in hierdie moeilike tyd . Ons dink aan julle . Vir omtrent 25 jaar het hy ons en ons groter familie – Madeleine se ouers , haar peettante , en jongste suster en swaer – bygestaan met ons finansiële sake, want ons het hom vertrou . In vandag se onsekere wêreld is vertroue uiters skaars . Nie dat hy nooit foute gemaak het nie , maar hy het ons belange op die hart gedra , en was bereid om uitsy pad te gaan vir sy kliënte . Gedurende hierdie tyd , soos hy gegroei het in sy kennis , het hy ons van wyseraad voorsien , ook ons meer touwys gemaak ten opsigte van geldsake en investering , veral vir ons geleer om geduldigte wees , nooit impulsiewe besluite te neem nie ( soos gedurende die 2008 finasiele krisis of die vroeë stadium van die Corona virus toe die geld market dramaties gedaal het), en vir die lang termyn te beplan . As afgetredenes , is ons hom baie verskuldig dat ons vandag kan doen en leef soos ons tans doen en leef . Ons eer sy nagedagtenis !.
Ivan en Jeanne ‘n Mens soek altyd vir woorde by ‘n dag soos die en dan wonder jy vir wie sê jy dit . Mooi lang stories oor Elmo kan ek nie deel nie maar wat ons ervaar het van hom as ‘n besigheidsman is skaars . Hy het ‘n indruk op ons gemaak in die laaste paar jaar van sy lewe . Vir Elmo se kinders en Leonie wil ek sê ek en Ivan het vir Elmo leer ken as ‘n gentlemen. ‘n Voorbeeld wat almal met respek behandel het. ‘n Besigheidsman met integriteit en ‘n sagte stem wat jou sal veilig voel wanneer jy kom raadvra want hy het geweet wat hy van praat . Hy het vertrou want hy was old school, hy kon jou hand skud en sy woord was syeer . Ons kan eerlik waar sê dat ons bevoorreg was om hom te ken en dat hy ongelooflik gemis gaan word. Leonie en kids julle pa was ‘n baie , baie goed hartige mens en daar was altyd ‘n plekkie vir nog iemand . So wees sterk en weet dat Elmo gemis gaan word..
BEDANKINGS Elmo se seun , Elmo Jnr en sy dogters Hannelie , Minette asook die klein kinders . Baie dankie viral die lekkernye , besoeke , oproepe ondersteuning gedurende die 3 maande toe hy in en uit die hospitaal was. Dankie vir mense van ver , naby,familie en vriende wat onsondersteun het, met boodskappe en oproepe . Vir Lisa wat al deel van die familie is, dankie vir die versorging van sy hande , voete en hom altyd gepampher het, wat vir Elmo so belangrik was, asook die voorbereiding van die begrafnis reëlings . Dankie vir Shaun en Rean vir al die hulp wat julle verleen het toe Elmo nie meer kon nie . Dankie vir Anelma vir die boekhouding wat sy behartig het en nog sal voortgaan . Sy was heeltyd besorgd oor Elmo wat hom gesien het as haartweede pa. Die personeel van Medi Clinic Somerset Wes, wat so goed vir ons was. Twee mense wil ek uitsonder Dr.Bihlen Celeste. Hulle positiewe bydrae het vir my en Elmo baie beteken . Blue Crane Begrafnis ondernemings vir die organisering van blomme , boek merke , en verversings . Vir Leon Cronje die dominee wat die diens behartig en ook die gemeente se bydrae met koffie en tee. Dankie vir al die familie , vriende en kliente wat oor die jare n lang pad met Elmo geloop het en net in hom geglo en vertrou het. Een van Elmo se vele talente , wat Leonie beskou was om deeglik en voorberei ‘n saak aan te pak . Twee weke voor Elmo se af sterwe het hy gesorg dat almal se finansiële sake, veral soos jare lange kliente , net om een voorbeeld te noem , Mnr . Godfree , in goeie hande van Daniel Esterhuyse met Andre Buys hanteersal word. Twee mense met kundigheid en wat vir ou sowel as jong mense se toekoms omgee . Wees verseker dat hulle sal niemand van julle in die steek laat nie . Dan ook die twee persone wat ook vir Elmo baie beteken het tot die einde was Gerhard, sy broer en Delene , sy skoon sussie . Sonder julle kon hy sy lewe nie afsluit nie . Die onder steuning , die moed in praat en die hulp,ons waardeer dit so baie . Baie dankie viral die mense se boodskappe , ondersteuning en oproepe wat ons dalk uitgelaat het. Ons familie waardeer alles wat julle doen.
. abstract.